Kortbroek Klap Koppi

DEUR Kaptein Kortbroek

Dis kwartvoor Deftones. Die dag het alweer met tequila shots begin en vir sundowners het daai nuwe flavour Captain Morgan my gat behoorlik geskop. Fokken gratis drank is mos my gunsteling. Uitpaas was die enigste opsie en toe ek my kop in Kreef Hotel comfort neersit het ek so half vrede gemaak met die feit dat ek weer die headline act gaan mis.

Enter tannie Mali en haar super juice.

So paar rukke aan die linkeroor, ‘n shot super special gummyberrie juice, ‘n moerse gestoei (van so halfuur) en voor ek my oë uit kon uitvee was ek daar. Deftones, pappie en dit het gepomp!

Dit was dream come true time en ek sou dit noddefok gesien het as dit nie vir tant Mali was nie. Check, Koppi gaan actually meer oor die mense saam met wie jy uithang – daai nuwe tjommas wat jy ontmoed by die bar, daai ou wat jou uit die moshpit opruk wanneer jy so bietjie grond vreet. Jy ken mos daai tjerrie wat keer dat jy nie jou voete faktap in die kampvuur verbrand nie. Dis ‘n familie experience of note en ek belowe jou nou daar is min dinge so sexy soos ‘n laag stof oor ‘n paar pragtige borste nie. Nou check ek klaar daar is mense wat weer teem oor mense wat draks gebruik het en sulke kak. Newsflash moederfokkers: JOU BLOEDJIE DROP ACID, SNUIF CAT EN ROOK BOOM as jy hom by Menlyn Mall aflaai om “movies” saam met sy maatjies te gaan kyk. Real parenting is nie so maklik soos ‘n paar grand in sy gatsak te stop nie. Fokkit.

Anyway, vandag wil ek graag al die mense wat hul tiete af moes werk terwyl ons bosbefok geraak het bedank. Nommer een op my lys is Chris Kreef en sy awesome crew. Wie sou kon dink dit is moontlik om die royal treatment in die boendoes te ervaar? Ek meen seriously. Dit was my eerste keer in die Kreef Hotel en ek sal noddefok weer Koppi toe gaan as ek nie daar kan bly nie. Die hele experience begin met ‘n bra wat al jou drank en kombersies uit jou kar haal en na jou tent (wat klaar mooi opgeslaan is) dra. Dan sorg hulle elke oggend dat daar genoeg bacon is om ‘n klein army te voer. Mmmm Bacon. Dan is daar warm showers en even ‘n piele plek waar jou goose haar make-up en haartjies kan regkry vir die dag se party. Lekker Interwebsrasio tunes in die shower en aweh die 24-hour bar service aweh!

As al daai nie genoeg is nie kamp jy ook in die Kreef met die wete is dat jou kanse noggals poes goed was om saam legends soos Francois van Coke ‘n dop of twee te drink. Fok dudes, die Black Cat Bones het behoorlik in Kreef geboer. Een van my persoonlike highlights was om ‘n private show van Jet Black Camaro in die Blue Lobster Bar te check. Intimate, close-up vibes met rockstars is mos nou nie iets wat jy in Districk 9 aka Mordor ervaar het nie, of hoe?

Dan het ek ook nuwe respek vir elke fotograaf wat die naweek semi-nugter moes deurbring. Moerse thanks vir die mense wat gesorg het dat die bands se sound befok werk en die visuals jou wegblaas. Als joppies vir nugter koppies. Dan was daar medics met hul babelas muti, tannies by die kosstalletjies, security guards wat gesorg het dat absuluut FOKOL by my gesteel is nie en barmanne/ladies wat nie juis moerse baie tips in die cash free society kon kry nie. Julle is almal rockstars en soos ons in die Kreef hotel kon check, is dit daai klein goedtjies en aandag aan detail wat so naweek in die bos ‘n awesome een maak.

Wat die shows aanbetref. In all fairness kon ek weens my liefde vir brannas en shooters nie almal sien nie, maar my highlights is as volg. Top of the list (en skryf die naampie iewers neer want hulle gaan nog HUGE word) is Feed The Wolf. Fokkit what a performance. Ek’s moer spyt ek het Bittereinder gemis, hulle show was glo iets mals, maar Fokof s’n het gekook al was dit tos dat hulle op day one al moes jam. Fokof is Koppi en Koppi is Fokof en daar is ‘n paar moer disappointed mense wat nie die Donderdag al kon deur mission nie.

Dan is ek seker Jack Parow het sy PR team ‘n PK of twee gee want die “ek is in die tronk” stunt was pretty kak afgepul. Op die clip waar hy glo in die kopshop is hoor mens tikmasjiene in die agtergrond. Mense wat heavy baie tik in ‘n local SAPS….noddefok bra, daai gebeur nie sommer in die land van ons nie. Tik rook, maybe. En in die toekoms is dit my mission om net vir bass sensation Chris Danger ThunderVolt van die Bones rond te volg want hy was fokken orals. Skiem die bra het op elke moontlike stage gejol. Moerse energetic, maar then again het hy sy breakfast in die Kreef gechow so dis seker verstaanbaar.

So paar pointers:

As jy slim is maak jy seker dat daar genoeg tequila is.
Wie weet, jy mag dalk dit like dat jou tjerrie saam met haar tjommas in luxury (met so paar InterwebsRadio tunes in die background) ‘n warm shower vang en make-up kak doen terwyl jy ‘n brannas drink.
Moeg om jou tent op te slaan en na die tweede show te vergeet waardefok jy is?
Kort jy dalk bietjie sanity in die crazynesss?
Dalk onthou jy hoe piele dit was om sonder kak en hare by die hek in te check.
Dalk was jy slim genog om uit te figure dat ‘n 24-hour bar ‘n goeie ding is.
Miskien, en ek sê weer miskien sou dit vir jou awesome geswees het om elke oggend ‘n solid bacon lining te kry voor ‘n dag se harde party. Jy was mos al by festivals….right?
In die Kreef was die lewe so soet jy kon sweer daar was rockstars in die tent langs jou.
Maar….en hier is ‘n groot maar vir ‘n sekere tjerrie.. bitch nou weer oor julle our julle luxury stay in die Kreef en ons kop mekaar sommer gou gou.
In disctrick Mordor het jy nie ‘n dop of twee saam die drummer wat jy week na week in Empire check gedrink nie. Jy het ook nie shit by mense gesteel nie en jy het noddefok jouself soos ‘n dom doos gedra nie.
Fok, almal like van party, dis soms net beter om saam met manne wat uitmaak van die woord “genoeg” uit te hang.

Wat Koppi Jy?

Wat Koppi Jy?

Thundervolt in aksie

Thundervolt in aksie

 

Ons soek ook...

Ons soek ook…

 

Proteas Power Pappa

Deur Sarcasms 

Ja, dis Champions Trophy tyd, die World Cup se korter en minder belangrike boetie. Ek wil opgewonde raak maar ek weet ook al om nie te vroeg ‘n horing te kry nie.

Piele, so kom ons kyk so bietjie na die Proteas en hul kanse; met Graeme Smith wat beseer is het Virus Petersen weer ‘n call-up gekry van oom Andrew.

Biff mis so bietjie uit

Biff mis so bietjie uit

Miskien is dit n blessing in disguise want ou Biff slaan deesdae net sesse tussen die lakens. Oor Hashim Amla, AB, Dale en Mantis Morkel hoef daar nie veel gese te word nie – almal weet hulle is klas en dat hul enige span moertoe kan speel as hul die dag lus het.

Dis oor die ander ouens waaroor ek bietjie worry.

JP Duminy en Faf het lanklaas goeie gametime gehad en kan dalk ‘n bietjie rusty (fok die pun) wees.

Ja ek weet hul het warm-up games gespeel maar dit tel mos nie regtig nie. David Miller het ‘n befokte IPL gehad maar hy is nie so hot teen ‘n bal wat swing nie en die bal swing moerse in Engeland, so Colin Ingram sal heel waarskynlik begin.

Ek het noudie dag gevra hoekom is Big Vern Philander nie in die squad nie? Fok man, die ou verdien ‘n kans want hy is tien keer beter as Ryan Mclaren in my oë.

Ons eerste game begin oor so rukkie en die kak lui SABC wys darem die Protea games so ons arm mense kan ook darem bietjie krieket kyk en saam tweet. SABC werk ongelikkig nie op my drifter nie…

Die Proteas is een van die gunstelinge om die toernooi te wen, soos altyd, maar almal weet hoe kak ons doen in ICC events. India, Pakistan, en Engeland het ook goeie spanne en die Windies en Black Caps kan dalk vir n verassing of drie sorg.

Wen of verloor, ek gaan my longe vir die Proteas uitskree al beteken dit ek choke self.