Adam Woolf – ‘n Naam Om Te Onthou

Deur Haastige Hennie

AdamWoolfFlipStairs

Adam Woolf is sonder twyfel een van die beste nuwe talente op ‘n skaatsplank in die land. As iemand wat hom gereeld sien skate, kan ek met gemak sê dat hy in die nabye toekoms bes moontlik die heel beste op die plaaslike scene kan wees. Wat hom so goed maak is sy consistancy, tegniese ability en ballas van staal. En hy nou eers in sy vroeë twintigs – the best is yet to come. Let asseblief die onderhoud is vertaal na Afrikaans.  Ek het die ander dag vir ‘n paar minute saam met hom gechill en bietjie meer uitgevind oor wie hy is, wat hom gelei tot waar hy nou is en wat hy beplan vir die toekoms.

V: Hoe oud was jy toe jy begin het?

A: Omtrent 10-11, kan nie presies onthou nie.

V: Wat het jou in skateboarding gekry?

A: My een vriend het eendag by my huis aangekom met ‘n Wasp skateboard. Die res is geskiedenis.

Adamkickflip-doubleset

V: Wie was jou eerste sponsors? 

A: My eerste sponsors was Martin’s Skate Shop en Link Shoes in Australië (Tussen 13 en 15 het ek saam met my gesin in Australië gebly) 

V: Wie is op die oomblik jou main borge? 

A: My sponsors is Verb Skateboards, Monster Energy Drinks en Recked Industries. Ek is ook besig om te werk aan ‘n sponsorship van DC Shoes.  

V: Jou gunsteling skate spots? 

A: My gunsteling spot ooit is Martin’s in Australië. My gunsteling street spot in SA is by Ellis Park en ek geniet dit om by die Revolution Park by Festival Mall te skate.    

AdamWoolf

V: Wat geniet jy die meeste van skateboarding? 

A: Om saam met vriende te street skate en dit te verfilm. En natuurlik ook kompitisies.

V: Wat doen jy buiten skateboard ry? 

A: Op die oomblik is skateboard ry is die belangrikste ding in my en ek beplan om dit vir ‘n lewe te doen, maar as ek nie op ‘n skateboard is nie hou ek van ghitaar speel. Ek is ook op die oomblik besig om beter te leer speel. Ek hou ook van film editing, skate movies kyk en om games op die PS3 te speel – soos Black Ops.  

V: Wat is jou gunsteling skate movies? 

A: Huidiglik is dit Girl en Chocolate se Pretty Sweet. Ek was ook mal oor die 411 videos lank terug en my gunsteling movie van alle tye is sekerlik Flip se Extremely Sorry.  

crook 10stair

V: Wie is jou rolmodelle in skateboarding? 

A: Op die oomblik motiveer skateboarders soos Felipe Gustavo en Manny Santiago my die meeste (beide was laasjaar by Maloof gewees) en Mark Appleyard is my gunsteling ryer.  

V: Wat het jy al met skateboaring bereik? 

A: Ek het al ‘n paar kompetisies gewen. Ek was eerste by die Wet ‘n’ Wild Jam en ‘n hele paar beste trick kompetisies. Daar was ook ‘n hele paar 2de plekke insluitende ‘n 2de plek verlede jaar by Maloof vir die span-inskrywing vir die All City Challenge. My video inskrywing vir die DC Real Edit het ook baie goed gedoen en was ingestem as een van die top inskrywings. Jy kan my videos op my youtube kanaal sien by dié link:

As jy hierdie Saterdag (16 Februarie) in die Kaap is, kan jy vir Adam sien by die Ultimate X eXtreme games - By die V & A Waterfront

If you enjoyed this post, please consider leaving a comment or subscribing to the RSS feed to have future articles delivered to your feed reader.

Leave a Reply

Your email address will not be published.

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>