April Fools Drol

Deur Kaptein Kortbroek

easter-bunny

Meeste van ons was al op some stadium van die wedstryd op ‘n kerk-kamp waar paar manne moerse kattekwaad aangejaag het.

Baie min van julle, was egter al teenwoordig toe ‘n ouderling van een of ander Germiston gemeente ‘n drol op die rand van die toiletbak ontdek het.

Die toppie het sy moer so erg gestrip na die storie dat hy een of ander Harikrishna kerk loop join het. Ironies genoeg was dit ‘n fake drol, tog het die ouens op daai 1997 kamp hulle holle geskeer toe die oomie die lifelike poef met sy groottoon in die bak probeer manoeuvre het.

Een van daai nommertjies het deur die loop van die naweek vir moerse sports hier by Kortbroek hoofkantoor gesorg.

‘n Paar van my maltak tjommas het kom kuier en kom ons sê net die cherries was fokkol impressed toe hulle die turd discover het nie. Ek was self ook bietjie debliksem in.

Check bietjie die pic hieronder, dit lyk soos die real deal, maar is actually net ‘n kombinasie van toiletpaper en koffie poeier.

Ons besluit toe om die outjie net daar te los, want daar sou mos later nog mense kom.

Na so uur en twee biere moes een van die cherries ‘n draai gaan loop en vir die tweede keer in een aand was dit ‘n fokkop of note. Soveel so dat die cherrie my begin bliksem het.

So hier is die resep:

1. Vat ‘n stuk toiletpapier, doop dit in water en shape hom sodat hy soos daai bruinbeer van gisteraand lyk.

2. Voeg dan die koffiepoeier by vir effects en plaas op ‘n strategic hoekie, so sonder dat iemand jou check.

3. Moet niemand tune jy het dit gedoen nie. Wag net vir die sound effects as die eerste bra wat te skaam is om in die tuin te pis ‘n draai gaan loop.

4. Tel die mannetjie op en wys jou gaste dat dit nie die real deal is nie – dit is nou as hulle nie klaar gefokkof het nie.

5. Mail ons jou handmade drol.

 

*My tjomma reken as jy van daai moer duur Jacobs koffie met die growwe korrels gebruik en so paar mielieputte in hom plant lyk dit selfs meer realisties.

 

Gaan like ook ons Facebook page en tune jou tjommies om dit ook te doen – Once

 

 

Koffee-drol

If you enjoyed this post, please consider leaving a comment or subscribing to the RSS feed to have future articles delivered to your feed reader.

2 Responses to April Fools Drol

  1. Hans says:

    Kak snaaks

  2. NeeDankie says:

    Siesa

Leave a Reply

Your email address will not be published.

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>