Battle At The Berrics VI

Deur Haastige Hennie

BATB 4

Battle at the Berrics VI (BATB) is ‘n wêreldbekende skate kompetisie en is by verre die grootste van sy soort. Die huidige toernooi is die sesde weergawe van die kompetisie en is op die oomblik halfpad deur die eerste uitklopronde. Die kompetisie het oor die algemeen nog altyd ‘n tema gehad en hierdie weergawe is geen uitsondering nie.

Die huidige kompetisie is: Team Regular vs. Team Goofy. Die regular stance skaters en die goofy skaters spook sake tussen mekaar uit vir ‘n plek in die groot finaal. In die uitkloprondes is dit dus regular teen regular en goofy teen goofy tot in die finaal waar die wenner van die regular-afdeling teen die wenner van die goofy-afdeling teen mekaar te staan kom vir dit titel. En die cash.

BATB 2Shane O’Neill With A Big Flip

Vir die wat nie weet nie, regular stance is skaters wat normaalweg met hulle linkerbeen voor staan en goofy skaters is die wat met hul regterbeen voor ry in hulle normale stance.

BATB word – soos die naam aandui – gehou by die Berrics wat besit en bestuur word deur Steve Berra en Eric Koston (en dis obviously ook waar die naam vandaan kom: Berra en Eric). Die Berrics het ook hul eie website waar daar onder andere daaglikse BATB verskyn. Check it hier uit. Vir BATB word daar twee games per naweek op die site geplaas, een regular battle en een goofy battle.

BATB 5

Die game begin na ‘n rock, paper scissors (of “ro, sham, bo” soos dit ook genoem word), waarna die wenner eerste gaan. Die persoon wat eerste gaan moet ‘n trick op die vloer doen en indien hy die trick suksesvol land, moet die ander skater dit probeer nadoen. Die tweede skater kry ‘n letter indien hy dit nie regkry om die eerste bra se trick te land nie. Die eerste bra verloor ook sy beurt om te set as hy nie sy trick land nie. Die een wat dus eerste vyf letters kry, verloor. Vir die volle reëls, check hier.

BATBPaper Beats Rock. Shane O’Neill Goes First

Dit klink seker vir die normale mens boring dat twee skaters tricks teen mekaar doen op ‘n plat stuk vloer, maar vir iemand wat elke BATB van begin tot einde gekyk het, kan ek jou belowe dit is nie. As ek moet terugdink aan van die battles in die verlede, soos PJ Ladd teen Koston, Cole teen Busenitz en Cole teen Mike V -om maar net ‘n paar te noem – asook die vernietiging van Mike Mo, Shane O’Neill en Morgan Smith en meer en meer deur die jare, maak dit my sommer lus om dit alles weer te kyk. Hier is een uit die argiewe om jou ‘n idee te gee van wat die setup is.

BATB 3Mike Mo Capaldi Doing An Impossible Late Flip

Die nuutste BATB is om (eerlik te wees) nog rêrig boring tot dusver, maar met al 5 die vorige wenners nog in die game, klomp van die geharde top pros wat dit al vêr gemaak het vantevore en ‘n paar vars nuwe gesigte soos van my favourites Nyjah, Steez Ortiz en Wes Kramer, is ek seker dit gaan net nog heel befok raak. Gouer eerder as later.

Check elke naweek vir die nuwe games wat uitkom en vang sommer op wat jy gemis het hier.

Lekker.

If you enjoyed this post, please consider leaving a comment or subscribing to the RSS feed to have future articles delivered to your feed reader.

Leave a Reply

Your email address will not be published.

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>