Category Archives: Christina Clutchkop

Return of the Clutchkop

Deur Christina Clutchkop

Start, Turkish F1, Istanbul Park, 9th-11th May, 2008

As iemand gewonder het hoekom ek verdwyn het vir twee weke – moet nie verder stress nie. Ek werk nou vir Ferrari as een van hulle test drivers in Maranello. Na hulle gelees het hoe onstig ek was oor die kommentaar dat vrouens nie mentally capable is om ‘n F1 kar te ry nie het hulle my jammer gekry.

Ai as kakpraat maar net ‘n sport was het ek lankal die world champs gewen. Ek was eintlik in ‘n wille spanner fight met ‘n klomp katte van Benoni wat gedink het hulle kan langs my ref en my kak tune. Maar ek het hulle gewys! Ek het dalk net een blou oog en ‘n bietjie harsingskudding maar ek’s seker die ander cherrie het ietwat breinskade opgedoen.

Genoeg van my en my mannewales, let’s get down to business. Na twee weke se rus en draadtrek is die manne en hulle karre weer op die track Sondag – en ek kan nie wag nie. Weereens gaan ek dit nie waag om predictions te maak nie want dit eindig sleg. Ons kan maar net eerder kyk wat gebeur het tot nou.

Die mense wat dink hulle weet ‘n ding of twee van F1 reken die naweek se race in die land van die raging Bulls (en nee fok, niks gebeur op Loftus nie) gaan ons help om van die wasmasjien van kots en confusion te recover en wys hoe die dinge staan.

Na die eerste vier races loop Vettel alweer voor – no surprises there. Maar Skilferkoppie het verras en hy is tweede gevolg deur Britse windgat Hamilton. Ek mag dalk nie ‘n clue he oor wat die seisoen gaan gebeur nie, maar is dit nie juis fokken exciting nie?

Laas seisoen het die Vettel/Alonso rivalry my blind verveel en nou kan ek nie eens raai wie waar sal eindig nie. Maar dis die Spanjaard se home ground so hy mag dalk die cherries wil impress.

My verdict – no predictions needed, just sit back and enjoy the brannas.

Gaan maak jou picks op Briekmerk en wys wie is die dikste tril.

Die Wheel of F(1)ortune

Deur Christina Clutchkop

Chinese-Grand-Prix

Eerstens moet ek weer bieg dat my predictions vir die Chinese GP effee tot moerse kak was. Die emosies loop so hoog die seisoen dat ek voel soos brannas kots in ‘n tuimeldroeër.

Alhoewel ek afskuif in die Briekmerk pool, gaan ek nogsteeds nie my panty bekak soos Kaptein Pisbroek en toelaat dat iemand anders my predictions doen nie. Jammer bra, maar soms dink ek my ballas is groter as joune. Maar genoeg van dit, Kaptein is actually ‘n nice ou, hy sal my vergewe.

Alonso het diep gegrou om seker te maak hy wen sy eerste Grand Prix  van die seisoen. Hy’t ook maar moeg geword vir kortman Massa wat heeltyd al die shine vang vir Ferrari. Kimi was sosin moerse ver agter die Spanjaard met netso oor die 10 sekondes. Lewis was ook maar te bly om op die podium te staan terwyl Vettel goed gery het, maar net goed genoed vir die vierde plek. Hy kan anyway nie ‘n fok omgee nie, want hy loop nogsteeds voor in die kampioenskap met nege punte.

So die week het ek besluit ek maak nie predictions nie. Drink ‘n bietjie van daai weird konkoksie, Sizzurp, wat Lil’ Wayne so mal soos ‘n fokken haas maak en gaan hallucinate maar wie gaan wen, want met die huidige wheel of F(1)ortune your guess is as good as a rapper’s.

sizzurpProe hierdie shit.

Daar is wel iets anders wat my tiete rasper en dit is die comments van die Britse racing legend, Stirling Moss wat reken vrouens kan nooit aan F1 deelneem nie. Regtig? Fok, daar gaan my lewens droom by die venster uit.

Kyk, ek’s glad nie ‘n feminist nie en ek WEET mans is beter bestuurders as vrouens (ek ry ook soos ‘n man), maar Moss reken vrouens kan nie ‘n F1 monster tem nie want ons is glo nie “mentally tough” genoeg nie. Klomp bok toss daai. Ja, ek’s dalk fisies nie sterk of fiks of lank of watookal genoeg nie, maar daar’s fokol fout met my geestestoestand.

En daar is een chick wat meer de moer in is as ek. Susie Wolff (nice naam) wat een van die development drivers is vir Williams, hoop om eendag op die track uit te gaan.

Maar mens kan ook nie met die stats stry nie, nog net 5 vrouens het ooit in F1 gerace en net een van hulle het ‘n punt gekry.

So ek gaan maar aanhou om van die pitlane te support.

Gaan join die Briekmerk pool en kyk of jy die Wheel of F(1)ortune reg kan spin.