Category Archives: Die Kwaai Ou Man

Cape Crusaders: Die Konte Wat Kak Maak In Die Kaap

Deur Die Kwaai Ou Man

crusaders&moslemsAweh se moer my bra.

Het myself laaaaank gelede voorgeneem ek gaan nooit ‘n donnerse word oor die Cape Crusaders skryf nie, want dit moedig hulle net aan.

Plus, ek het eerlik nie ‘n fokken saak wie jy ondersteun nie; dis net sport, for fuck’s sake, ek kyk dit om te ontspan. Cheer vir Mars as jy fokken lus het, sover dit my aanbetref. Dit kan my minder skeel. Moet net nie in my gevreet kom skree nie.

So is ek toe vir die Paasnaweek Kaap toe, soos amper elke jaar, nes die bleddie winter, soos ook amper elke jaar. En toe ‘n ou pêl my Nuweland toe wil sleep, waarom de hel dan nie?

Brom-brom die fokken bra oor die Cape Crusaders, maar ek moet sê: eers dag ek die spul is darem min om so ‘n bohaai oor op te skop. ‘n Paar fokken glory hunters ondersteun die sewemalige champs, moerse verrassing.

Kaapstad het meer fokken Manchester United fans per vierkante kilometer as bleddie Manchester, wie weet wie hierdie hartseer drollings oor drie jaar gaan ondersteun?

Maar vir so ‘n piepklein klompie maak die ouens nogals luidkeels kak. Hulle booo die Stormers-bus, hulle booo die Stormers-stelskopper, hulle sou hul eie poepholle gebleddie booooo het net omdat dit Kaapse poepholle uit die Stormers-streek is as jy die simpele donners kans gegee het.

Sien vanoggend ‘n ou op Vuisbroek beweer hy cheer al van 1994 af vir die Crusaders. Dan’s die bliksem met die helm gebore, want die Crusaders het eers twee jaar later bestaan en was eers twee jaar daarna iets anders as hondkak.

Van toe af maak die kêrels egter aan.

Ek is self ‘n groot Crusaders fan. Dis ‘n outydse span met fokken lelike voorspelers; maak-voor-sag-en-slaan-dan-agter. Hulle kom uit Christchurch, ook nog, ‘n mooi ou stadjie wat onlangs ‘n panelbeating gevat het en waar ek ‘n jaar of tien terug drie amaaaazing dae beleef het danksy Nieu-Seeland se destyds wettige party pills.

Oor die toonbank party pills, bid julle aan.

Dit was fokken varkmedisyne, het ek later uitgevind, maar ek was nie verbaas nie, want fok – hierdie vark was behoorlik aan daarvan.

Anyway, probleem is dat Christchurch sweerlik Nieu-Seeland se mees benepe fokken stad is. En daai knaende gerugte van nie-amptelike rassekwotas, sodat die Crusaders darem min of meer so blank kan bly as die bloeddorstige klomp bulshitters van wie hulle hul naam gekry het.

Ek meen, fok, die Kruistogte was venynig. Om te sien ‘n Moslem-ou cheer vir die Crusaders, is so fokken bisar as ‘n New Yorker wat ‘n span genaamd die fokken Jihad ondersteun. Die Vancouver Jihad, sê, want die betrokke helde is nie eens uit dieselfde donnerse land nie.

Jare terug kon ek nogal insien dat die manne die Blues ondersteun. Dit was Sean Fitzpatrick en Zinzan Brooke se dae en darem ‘n multi-cultural span wat rugby aan die redefine was, vanuit relatief moderne Auckland.

My teorie is dat die klomp irriterende kaksakke nog nie DIE seisoen helemaal kans gesien het om die sprong na die Chiefs te maak nie. Die Chiefs speel nou soos die Crusaders destyds, maar gaan dit lank genoeg hou dat jy in ‘n fokken jersey kan belê?

Dis die soort existensial krisisse wat ‘n Cape fokken Crusader beleef.

Op pad uit het een van die bra’s jolig staan en sing, so ‘n dikke; ek het hom daai kakkerige arched eyebrow Roger Moore move gegooi om seker te maak die ou kan sien ek voel fokol. So ‘n ene (janee, Roger was die kakste Bond, die was een van sy twee uitdrukkings). (Maar Bond was veronderstel om kak te wees, druk hierdie newfangled Oscar wannabe Bonds van julle waar die son nie skyn nie):

James-Bond                   Watkykjy?

Hy kyk toe so diep in my oë en sê: My broer, jy try hard, maar jy fool my nie; ek kan sommer sien jy’s de moer in vir my nou.

Toe besef ek die fokker is reg.

Maar dit het my goed 48 uur gevat om tot verhaal te kom en teen die tyd sien ek dommer dose as ekself opper sommer die moontlikheid van afsonderlike pawiljoene vir rugbywedstryde. Ek meen, moet daar werklik ‘n seksie opsy gesit word vir die fokken Rebels se reisende ondersteuners? Moenie histeriese kak praat nie, man.

Intussen is hier ‘n prentjie van ‘n dag, anders as op Nuweland, toe die Crusaders op hul moere gekry het. Die vorige keer dat hulle Jerusalem genader het, het hulle die eerste mense wat hulle teëgekom het, afgemaai met die swaarde.

Net om agterna te besef die dooie swartes was Koptiese Christene uit Ethiopië wat hulle kom verwelkom het. Sleg bleddie etters gewees.

Anyway, op die prentjie kak hulle buite Jerusalem.

The Crusaders                       Kak ‘n Crusader nou.

Hul modern donnerse rugbyspan-afstammelinge kak gans te min in Kaapstad. Of Suid-Afrika in die algemeen. Nou, na jare, hoop ek die Crusaders val deur hul eie gatte. Ver en hard. Net om daai vet fokken parra van nou die aand te dwing om ‘n nuwe fokken jersey te moet koop om my mee te probeer afpis.

Like ons fokken Facebook page.

Tattoos, Tiete En Trippel

Deur Die Kwaai Ou Man

SonnyBillvsFrancoisBotha

Ek is al so donners oud dat boks nog ‘n sport was in my jongdae, so julle mense sal dalk verbaas wees om te hoor ek het my kak gelag en gate uit geniet toe die Wit Buffel en Sonny Tril mekaar in die zefste hoofstad van Aussie, Brizz Vegas, in ‘n sweterige greep vasvat en so dan en wan ‘n poeshou na mekaar se koppe korrel.

Shit, dit was verskriklik, maar op ‘n weird fokken manier juis meer entertaining as gevolg daarvan. My buurman tune my dis vir hom gewees soos ‘n half verkakte cabaret. Cabaret? Jip, ek is oud en dit was een van my favourite movies ooit en enigeen wat stry, is ‘n poephol.

Maar Francois Botha het aansienlik groter tiete as Liza Minneli destyds en ek scheme ook nie die bra sal so goed vaar as hy die theme song moes gesing het nie; ek wou nou amper post hoe cool Liza 40 jaar terug was net om julle ‘n bietjie te beskaaf voor die fokken slagting en aaaaag, fok, ek gaan anyway:

(Skip hierdie beslis as jy by die bloed wil uitkom, dίé’s vir die Liza-manne):

Wel, dis ‘n fokken movie en Sally Bowles was sowat tien maal cooler as Sonny Bill en die Wit Buffel tesaam. Fok, tesaam gemaal met drie, hoewel die Buffel se drafstap-dansie op die maat van Bob Marley se kakste tune my darem op ‘n perverse manier laat grinnik en gril het.

Maar ek wil nou fokken graag by julle jong mense weet: is hierdie kak die ding wat julle deesdae boks noem?

In my oupa se dae was dit sό iets:

Ek meen, daai eerste ronde had meer aksie as al Witbuffel/Sonnybill se gefokken stoei gister; Firpo is al vyf maal op sy gat dan poes hy vir Dempsey deur die toue. Julle gedink daar was Vrydag hiervoor kans?

My toppie was hitttete die gelukkigste; sy geslag fighters was die beste, maar oeps – die arme mense het nie destyds TV gehad in Suid-Afrika nie want Albert Hertzog het gescheme apartheid kak sodra ons TV kry en – naai my kolliehond! Albert Hertzog was dié keer fokken reg.

Witmense sou hulself dalk destyds gelyk bekak het as hulle gesien het hoe pis cool Sugar Ray Robinson op sy dag was. Hy was sό cool:

En hy’t die Raging Bull, Jake La Motta, soortvan sy tief gemaak:

Nou dáái Sugar Ray was die kilo-vir-kilo koning, maar daar was ene vir my geslag ook en hy moes homself bewys teen Hagler, Hearns en Duran.

As ek nou iemand moes kies vir my tjomma uit daais, sou dit Hagler wees. Fokkit, spaar jou die 8 minute en check Hagler teen Hearns. Ek was jonk genoeg om vyfuur vir dié fight op te staan en alle ander boks was daarna kak:

So kan julle laaities imagine die knaende bolletjies kots wat ek Vrydag moes terugsluk toe ek sien hoe die Wit Buffel en Sonny Bill “boks” en hulle die fokken fight sommer so in die loop van alles met twee rondes verkort toe hulle sien Sonny Bill is in die kak?

‘n Kak bokser sal feitlik altyd die snot kan moer uit ‘n uitstekende rugbyspeler.

En op ‘n perverse manier laat like dit my boks op my fokken oudag effens meer.
Dis die mees onbeskaamde besigheid op aarde.

Porn movies, mynbou, wapenhandel en die gefokken smous van Afrikaner doefdoef CDs verfokkenvaag mos as jy dit vergelyk met ‘n sport waar jy die rondes sommer so off the cuff verminder as jy sien die potensiële volgende payday is besig om in sy gat op te verdwyn?

Boks is nog altyd so fokken skelm jy kan iets oorkom.
Deesdae is dit inderdaad cabafokkenret.

(Om myself te interrupt, wat vir ‘n dom kont is Sonny Bill Williams dat hy sy skouers laat ink vol van sy van? Ek hou van tjappies, myself, maar dié getuig net ons tjeer vir broodkoppe as ons na die sportstadion toe gaan. Ek meen. Jy groei sulke breë fokken skouers en dan laat tattoo jy “Williams” daarop. Poephol.)

En op daai noot; cabaret lyk deesdae so:

en boks só (OK, díé’s ‘n highlight package van die Buffel/Sonny Bill; ek sou my oë……. en my fokken internet cap spaar as ek julle was:

En ek verkies kleiner tiete as dié van die Buffel. En Sonny Bill Williams speel rugby dat hy kak, maar lyk nie of hy ‘n duik in ‘n kasterolie-drol kan slaan nie. Sal ek dit in sy gesig sê? Dit hang af van tyd, plek en my prokureur.

Join ons SuperBru pool “Duidelik”!

http://www.superbru.com/superrugby/pool_overview.php?p=11049841