Category Archives: Die Kwaai Ou Man

Klein Saal, Klein Tril

Deur Die Kwaai Ou Man

Republican friends

Sy pêlle is nie eens die kakste ding omtrent Lance Armstrong nie en party van dié bliksems kwalifiseer probably as oorlogsmisdadigers. Armstrong is ‘n boelie en ‘n leuenaar en die skynheiligste strontkop wat sport dalk nog blêddie ooit opgelewer het.

Nou ja, kierang braai en daar sit Armstrong nou met die gebakte pere – of liewer, gebakte péér in sy geval. Al die jare se simpatie met dié fietsryer is verder gefokken kwalifiseer daardeur dat knater-kanker ‘n side effect van steroid abuse kan wees en Bush se pêl was glo al van toeka op die roids.

Nou fokkit, ek is al ‘n ouballie en miskien weet ek nie meer aldag so mooi van julle jong mense se manewales nie, maar watter soort ou stel sy ballas willens en wetens in gevaar net sodat hy vinniger as ‘n ander ou op ‘n bicycle om Frankryk kan ry?

Om ‘n blêddie fietsresies te wen? Nee, liewe hel. As m´y knaters in die proses kon oplos, het ek die trein gevat.
Any case, tief my buurman anderdag, almal maak nog altyd so ‘n bohaai oor Armstrong wat Frankryk so eenbal en al oorwin het, maar niemand het nog gemention dat die laaste eenbal-ou om Frankryk te oorrompel, ene Adolf fokken Hitler was nie. En kyk bietjie hoe’t daai uitgewerk.

Hulle tune toe die eerste Tour de France 110 jaar terug gery is, het die mense in Parys gedink dis ‘n storie wat die joernaliste opgemaak het, omdat niemand mal gefokken noeg sou wees om in 23 dae om die land te wil baiesukkel nie.

Alpe d’Huez is so steil ek wil nie eens met my fokken kar daar op nie.
Die doepa-kak kom al ‘n lang pad. Tom Simpson, die beste Britse padfietsryer voor Bradley Wiggins, is in 1967 teen Mont Vertoux dood n’a hy ‘n cocktail van brannas en speed gesluk het om die bulte vinniger te kan uit.

Daai combo kan jou mos diep in die kak kry op Hatfield Square, imagine ‘n hittegolf in die berge op ‘n bicycle. Maar destyds was dit niks moer vreemds nie.

Blykbaar is ons skolerugby ook vrot van die steroids. Jissis, waar’s die skoolvoorligters om aan hierdie stomme fokkers te verduidelik dat steroids jou nek dikker maak, maar jou tril kleiner? ‘n Klomp van dié jong poepholle is seker maar virgins van al die gerugby oefen.
In that case, laat hierdie Ouballie julle vertel: jy kan veel lekkerder dinge met jou voël aanvang as fokken skrum. Doen gou hierdie toetsie:

Lyk hierdie…

Mud Scrum

vir jou lekkerder as hierdie?:

Sexy Time

Wel Boet, as jy ja gesê het dan verdien jy seker ‘n klein tril, ‘n dik nek en ‘n plek in die eerste span en kan jy seker maar steroids aanhou sluk tot jou hele lyf soos ‘n fokken walnut lyk.
Maar ek sou fokken nie as ek jy was nie.