Clutchkop Het n Change of Heart

Deur Christina Clutchkop

F1-girls

In my laaste blog het ek gemoan oor die manne van Red Bull wat nou suurgat is vir mekaar na Vettel nie sy orgasmiese smag na oorwinning kon beheer nie en vir Webber (teen team orders) overtake het by die Malaysian Grand Prix.

Die keer is dit die dinge by Ferrari wat nou begin broei. Dit is nog nie op die ‘ek-bliksem-jou-met-‘n-spanner’ fase nie, maar die kortgat nommer twee drywer kan jou ook net soveel keer inhaal voordat jy jou toys begin rond gooi. Massa het in die laaste vier races voor Alonso gequalify en as hy dit weer doen in Sjina, sal dit die eerste keer in Alonso se loopbaan wees dat ‘n spanmaat hom out-qualify.

Ek het dus nou my voorspelling vir vanjaar se wenner verander na ou skilferkoppie (Kimi) toe. Want wragtig as al die hoof spanne se drywers defok-in is vir mekaar gaan niemend mos ‘n oog op die glibberige Fin hou nie en dan gaan hy rally style stof in hulle gesigte poep.

Dis ook by gesê as Vettel nie vir ‘n ruk in die pitlane gaan staan nie. Lotus se baas, Eric Boullier dink ook dis ‘n befokte idee dat Vettel ses van die bestes moet kry vir sy bombastiese houding op die track in Malaysia.

Ek dink wel Vettel gaan nog vir so rukkie hard ry, maar die politiek haal almal een of ander tyd in. Veral na hy Woensdag gesê het hy’s maar sosin fokol jammer dat hy die Malaysian GP gewen het, selfs na hy jammer gesê het vir sy cocky disobedience. Kyk maar net hoe het Senna en Prost in mekaar vasgery toe daar te veel kak in die fan vasgesit het.

Predictions vir die race in skreef-oog land Sondag lyk as volg: Vettel is nogsteeds ‘n beneukte Duitser wat hom nie aan die balhaar laat rondruk nie, so hy gaan veg vir ‘n wen. Tweede plek gaan aan skilferkoppie (wat Saterdag aand gaan hare was met Clear) en derde plek sal gaan aan predictable Alonso. Hamilton sal nie te sleg vaar nie, en ook iewers in die top 5 eindig.

As jy skiem jy maak uit, join ons SuperBru pool.

Gaan like ook ons Facebook page fokkers.

If you enjoyed this post, please consider leaving a comment or subscribing to the RSS feed to have future articles delivered to your feed reader.

Leave a Reply

Your email address will not be published.

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>