Die Bulls Supporters Kruip Die Naweek So Bietjie Weg.

Deur Kaptein Kortbroek

As jy al ooit vir @Tweetkak op tweeters raakgeloop het sal jy weet die man se passie vir die Bulle grens amper aan insanity. Daai “Stand by me” lietjie is op repeat in sy blou ballas bakkie en hy het onlangs so bietjie pienk laat byvoeg by daai Steve tattoo wat hy op dy linkerboud gekry het toe sy span die eerste keer die Super Rugby trophy gewen het.

Blou Bloed, my bra!

Die naweek jol sy geliefde manne weer in pienk en hy het reeds vroeg in die week begin shots vat. Tog bly hy ‘n Bul, al is dit ‘n fokken skaam een. “Hoe tos moet dit wees om teen ouens wat soos dose sing EN in pienk speel te verloor? #GoBulls – tune die man op sy tweeter.

bullspinkandproudPienk truie: Net so lelik soos laastweek se game teen die force

Kortbroek het so bietjie gaan ondersoek instel en meeste hardcore Bulle raak gatvol om die joke by elke party te wees. Na laasweek se sukkelsession teen die Force kruip die manne weg en hulle praat eerder oor die Titans, tiete of tennis.

Griffin skiem seker ook nou dit is beter om ‘n Lions fan te bly – baie minder embarrassing. “Ek het reg deur die 90s, toe ons fokkol gewen het nie, by die Bulle gebly, maar die kak is die laaste. Pleks worry hulle oor die game. Hierdie sideshows pis my af,” tune my china Werries van die WesRand. Hy het intussen aan ‘n bedankingsbrief begin skryf. Dalk word hy ‘n Kings supporter. Hurry up, Werries en bring sommer my sonbril ook terug. Skuld jou ‘n brannas.

Op daai punt kan die manne wat nie met horings ruggas kyk nie maar regmaak om die naweek so bietjie in hul SuperBru pools so paar plekke op te skuif aangesien meeste seuns van Snor City noddefok die Stormers sal support nie – al gaan hulle wen. Die Stormers se windgatgeit is nou iets van die verlede en daarvoor is ons dankbaar.

Terloops my “raaiskoot” vir laasweek se game in Durban was Sharks met ses. Wat was die final score nouweer? Net die Hurricanes en Crusaders het my laat humble pie eet.

‘Kay kiefpiele, check my keuses die week:

Vrydag
Hurricanes v Crusaders (8:35)
Opsomming: Die Hurricanes is laasweek deur die ore geboor deur ‘n useless ref, maar die Crusaders ook.
Voorspelling: Crusaders met so sewe want die Hurricanes het my winning streak opgefok.

Rebels v Reds (10:40)
Opsomming: Dumb ‘n dumber vibes.
Voorspelling: Reds met so 15, who cares?

Saterdag
Highlanders v Cheetahs (08:35)
Opsomming: New Zealand se weergawe van Bakkies Botha (Brad Thorn) jol die naweek, so wees maar nice met jou Cheetah tjommies wat vir breakfast debliksemin gaan wees.
Voorspelling: Die Cheetahs se defence is amper soos ons land se weermag – jy weet dit bestaan, maar jy weet ook dis pretty much useless. Landers met 12.

BradThornBrad “doring” Thorn mag dalk so paar Cheetahs bliksem die naweek

Brumbies v Waratahs (10:40)
Opsomming: Ek het tickets vir Joburg Ramfest gescore – kort net ‘n sexy cherrie om saam te gaan (drop my ‘n motivational mail by kapteinkortbroek@gmail.com)
Voorspelling: Jake White se span (Brumbies) wen met so 19 terwyl ek BraaiBoy met ‘n hosepipe om die huis jaag.

Stormers v Chiefs (17:05)
Opsomming: Elke week so bietjie beter behoort die trick te doen vir die ouens wat tot onlangs soos Kaapse Klopse gejol het. Ai Province, julle sal moet wake-the-fuck-up!
Voorspelling: Daai All Black dose wat in die Kaap bly gaan so bietjie kosts. Stormers met ‘n naaice 9.

Kings v Sharks (19:10)
Opsomming: Niemand skiem die Kings gaan die een wen nie, ek ook nie en donner, daai Cobus Reinach laaitie jol ‘n shot! Fransie Steyn is ‘n fokken legend.
Voorspelling: Kings kou so bietjie klippe, maar behoort nie te tos te lyk nie. Sharks met ‘n solid 16.

Sondag
Blues v Bulls (05:05)
Voorspelling: As ek dit nie mis het nie, het die Bulls laasjaar op Loftus teen die Blues verloor en toe was die Blues amper kakker as die Lions.
Opsomming: Auckland is nie Aukland Park nie en daar is by-laws in Snor City wat jou verbied om Steve se tunes op ‘n Sondag te pomp. Blues met so 12 teen ‘n span wat elke week ‘n nuwe manier uitfigure om naam weg te bliksem.

If you enjoyed this post, please consider leaving a comment or subscribing to the RSS feed to have future articles delivered to your feed reader.

One Response to Die Bulls Supporters Kruip Die Naweek So Bietjie Weg.

  1. Arno Immelman says:

    OJy’s ‘n legend bra. Shot vir die articles, hier uit Thailand uit.

Leave a Reply

Your email address will not be published.

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>