Die Nuwe G(h)olf Maak My Jags

Deur Christina Clutchkop

volkswagen-golf-7

Daar’s net een ding wat jy Saterdag moet doen. Jy moet gaan Golf speel – of eerder met ‘n Golf
gaan speel. Die sewende generasie Volkswagen Golf is dan officially beskikbaar om te koop in die land van melk en heuning en ‘n testdrive is noodsaaklik/semi-verpligtend. Dis nou maar een ding wat die Duitsers uitfokkenstekend kan doen – die hot hatchback. Die poepholle wat enige ander van sy kompeteerders koop is either kak arm of blind. Sure, Ford het sy ST, Opel sy OPC en Renault sy Sport, maar VW het die ballas. Groot Ballas.

Kyk, die nuwe meneertjie lyk nie veel anders as sy pa nie, maar hoekom rondtos met ‘n resep wat werk. As jy hom van agter af bekyk sal hy jou ‘n semi gee. Nee wag, ek weet nie hoe voel nie, maar dit is wat een van die manne vir my gesê het nadat hy hom gaan ry het. As jy opgelet het sou jy sien ek verwys na die Golf as ‘n ‘hy’. Karre is meisies, want geen bra wil ‘n ander bra ry nie. In die geval van die Golf en enige ander hardekwas bakkies is dit in orde dat hulle nie vergelyk word met tiete nie.

Amper elke man wat gebore is voor die bestaan van CD’s het moontlik ‘n MK1 Golfie as ‘n eerste kar gehad. Of hy nou ‘n hand-me-down of ‘n vyfde handse skudkas was, dit was elke skool verlater se droom wiele.
Jy kan mos nou once jou eie brannas gaan koop. Dan begin die wet dreams oor ‘n GTI. En glo my die sewende weergawe is so begeerlik soos (insert seksistiese vergelyking met ‘n hot chick). Hy’t wel ‘n kleiner engine as sy teenstanders, maar dis mos nou hoekom Germans met spanners in hand gebore word. Volkswagen het die 2,0l TFSI turbopetrol kragboks met niks minder as 164 kW toegerus nie.

En met die osoon laag wat sy gat sien, is dit baie slim dat hulle ‘n fris 1.2l TSI deel gemaak het van die perdestal. 77kW is nie te versmaai nie en teen net so skrapsie oor R 230 000 kan jy moontlik van Rickie Louw afskaal na Cape Hope en die paaiement bekostig.

Die Italianers reken hulle het soul en passion en hart en allerande teemerige emosies wat hulle karre dryf, maar niks kom nou by die uiterse vakmanskap, tegnologie en kwaliteit van ‘n people’s car nie.

Jy hoef ook glad te oorweeg om jou hande op ‘n sif ouballie Volvo te sit as jy offspring het en hulle veilig wil rondrits nie. VW het al die bells en whistles asook nou so fancy multi-collision brake system wat glo die kar briek selfs na jy in ‘n ongeluk was en dan kinetiese energie verminder om ‘n tweede botsing te voorkom. Kak slim.

Sedert die eerste Golf se tekkies aan teer geraak het in 1974 het hulle meer as 29 miljoen eenhede verkoop. So maak jou garage oop en heet welkom aan nommer 29 000 001 – jy gaan verseker nie spyt wees nie.

*Kaptein Kortbroek scheme dit sal ‘n piele idee wees as some Volkswagen dealer vir Christina Clutchkop vir ‘n spin vat. Dis nou as daar ‘n man daarbuite is wat nie bang is om ‘n cherrie te ontmoet wat actually meer van karre af weet as sy nie.

If you enjoyed this post, please consider leaving a comment or subscribing to the RSS feed to have future articles delivered to your feed reader.

Leave a Reply

Your email address will not be published.

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>