Die Wheel of F(1)ortune

Deur Christina Clutchkop

Chinese-Grand-Prix

Eerstens moet ek weer bieg dat my predictions vir die Chinese GP effee tot moerse kak was. Die emosies loop so hoog die seisoen dat ek voel soos brannas kots in ‘n tuimeldroeër.

Alhoewel ek afskuif in die Briekmerk pool, gaan ek nogsteeds nie my panty bekak soos Kaptein Pisbroek en toelaat dat iemand anders my predictions doen nie. Jammer bra, maar soms dink ek my ballas is groter as joune. Maar genoeg van dit, Kaptein is actually ‘n nice ou, hy sal my vergewe.

Alonso het diep gegrou om seker te maak hy wen sy eerste Grand Prix  van die seisoen. Hy’t ook maar moeg geword vir kortman Massa wat heeltyd al die shine vang vir Ferrari. Kimi was sosin moerse ver agter die Spanjaard met netso oor die 10 sekondes. Lewis was ook maar te bly om op die podium te staan terwyl Vettel goed gery het, maar net goed genoed vir die vierde plek. Hy kan anyway nie ‘n fok omgee nie, want hy loop nogsteeds voor in die kampioenskap met nege punte.

So die week het ek besluit ek maak nie predictions nie. Drink ‘n bietjie van daai weird konkoksie, Sizzurp, wat Lil’ Wayne so mal soos ‘n fokken haas maak en gaan hallucinate maar wie gaan wen, want met die huidige wheel of F(1)ortune your guess is as good as a rapper’s.

sizzurpProe hierdie shit.

Daar is wel iets anders wat my tiete rasper en dit is die comments van die Britse racing legend, Stirling Moss wat reken vrouens kan nooit aan F1 deelneem nie. Regtig? Fok, daar gaan my lewens droom by die venster uit.

Kyk, ek’s glad nie ‘n feminist nie en ek WEET mans is beter bestuurders as vrouens (ek ry ook soos ‘n man), maar Moss reken vrouens kan nie ‘n F1 monster tem nie want ons is glo nie “mentally tough” genoeg nie. Klomp bok toss daai. Ja, ek’s dalk fisies nie sterk of fiks of lank of watookal genoeg nie, maar daar’s fokol fout met my geestestoestand.

En daar is een chick wat meer de moer in is as ek. Susie Wolff (nice naam) wat een van die development drivers is vir Williams, hoop om eendag op die track uit te gaan.

Maar mens kan ook nie met die stats stry nie, nog net 5 vrouens het ooit in F1 gerace en net een van hulle het ‘n punt gekry.

So ek gaan maar aanhou om van die pitlane te support.

Gaan join die Briekmerk pool en kyk of jy die Wheel of F(1)ortune reg kan spin.

If you enjoyed this post, please consider leaving a comment or subscribing to the RSS feed to have future articles delivered to your feed reader.

One Response to Die Wheel of F(1)ortune

  1. @Ruanhaha says:

    Ek stem half saam met jou, maar as hulle die tyd en effort insit by vroue-bestuurders,as wat hulle by die ouens doen, weet jy, dan kan hulle dalk iets doen, of maak ‘n nuwe GP, vir NET vrouens. Ja, ek is ‘n fokken genius

Leave a Reply

Your email address will not be published.

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>