Dis Os(kar) Tyd!

Deur Christina Clutchkop

 

Asseblief moet nie dat die titel van hierdie post jou soos ‘n slap hoer verlei nie… Ek het geen intensie om Judge Judy vibes hier te gooi nie.

Anyway kom ons fokus eerder op die Oscars wat die week al die bestes in die film fraternity bekroon het met ‘n goue androgynous beeldjie. Daar is wel iets beter as die Ocars – die Car of the Year Awards of soos ek dit gedub het die Os(kar) Awards.

Somehow het ek iewers my boobs vir die regte persoon gewys of die gods of motoring” het ‘n ding vir my maar die lucky Clutchkop gaan die jaar self daar wees. Gaan maar die olie overall moet wegpak en die aand frokkie nader sleep want dis black tie.

Anders as die Oscars het meeste van die contenders meer as net ‘n mooi gesiggie en pelvic lines/anorexia. Die South African Guild of Motoring Journalists met sy hoof sponsor WesBank het ‘n panel van genuine petrolheads saamgestel wat reeds elkeen van die 12 gewielde meisies by Gerotek in fyn detail gaan uitcheck het. Hulle doen verskeie toetse nie net om te sien watter chick die mooiste is nie, maar ook haar fuel consumption, bou kwaliteit, safety features en hoe min haar uitlaat gasse die ysbere laat versuip.

Nou ja ek’s seker jy is ook nou nuuskierig om te weet wie die contestants is. Ons kyk na hulle in alfabetiese volgorde.

BMW-3-Series-320i-Coup-Automatic

  • 2012 BMW 3 Series 320i Automatic
  • 2012 Ford Ranger 3.2 XLT 4X4 Double Cab Diesel AT
  • 2012 Hyundai i30 1.8 Executive
  • 2012 Kia Rio 1.4 TEC HatchMT
  • 2012 Lexus GS 350 EX
  • 2012 Mercedes-Benz B 180 CDI BlueEFFICIENCY
  • 2012 Nissan Juke 1.6 DIG-T Tenka
  • 2012 Opel Meriva 1.4T Cosmo
  • 2012 Porsche Boxter
  • 2012 Range Rover Evoque Si4 Dynamic 5-door
  • 2012 Toyota 86 High Spec 6MT 2012
  • 2012 Toyota Yaris 1.5 HSD Xs

Kia Rio

Dis omtrent soos kots in ‘n tuimeldroeër, maar soos gesien in vorige jare is dit nie noodwendig die groot luukse karre wat met die gesogde titel wegry nie. Verlede jaar het die Koreaaners meer gehad om oor te glimlag as net die cocker spaniel in hulle toebroodjies toe die Hyundai Elantra 1.8 GLS gewen het. En die jaar voor dit was dit ‘n tie tussen die twee Germans – die BMW 530d en die VW Polo 1,6 TDI.

Toyota 86 High Spec 6MT 2012

Die jaar is my geld op die bekostigbare pret masjien – Toyota se rear wheel drive 86. Ek weet daar is seker meer skaflike karre soos die Yaris of die Rio wat moontlik ligter op petrol is en so aan, maar as jy dink dat jy ‘n sport motor vir net by die R300 000 kan kry en sy lyk soos DIT, is daar niks om te bevraagteken nie.

Watse dame dink jy gaan die 2013 Os(kar) vat?

 

If you enjoyed this post, please consider leaving a comment or subscribing to the RSS feed to have future articles delivered to your feed reader.

Leave a Reply

Your email address will not be published.

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>