F1 Preview – Clutchkop Is Heavy Lus

Deur Christina Clutchkop

Strawberry lippe

Strawberry lippe

Niemand sien eintlik uit na ‘n Sondag middag nie.

Teen daai tyd het die naweek het sy gat gesien en as jy toevallig met ‘n vet babelas sit na ‘n fokken mal RAMfest weet jy daar’s net ‘n paar ure oor voordat Maandag weer sy tande insink.

Daar is wel van Sondag af weer iets wat elke petrolkop se motoriese hartjie sal laat bokspring.

Yes baby! Die die F1 seisoen begin en dit maak my sommer kakjags! Alle oë sal op skaapskyker-central aka Australië gevestig wees vir die eerste Grand Prix van die jaar.

Vir my is die begin van die F1 seisoen is baie soos ‘n nuwe verhouding.

Dit lyk altyd vreeslik belowend en daar’s knieë wat lam word met baie onverwagte semi’s. Ek bedoel glad nie dat die liefde doodgaan nie, dit raak net moeiliker.

Kom ons kyk na wie ek dink my heelwat nat gaan maak Sondag.

Vettel met sy stoute German flair gaan verseker nie teleurstel nie – veral nie met drie agtereenvolgende Championship wenne agter die blad nie.

Alonso het my ietwat begin verveel aan die einde van laas seisoen want net soos jy dink jy’s in die heat of the moment gaan die gevoel verby.

Geen koue lovers vir my lustige aptyt nie dankie.

Dan is daar die stoute blondie van Scandinavia wat die stof uit sy rally boots geskud het verlede jaar om weer die track aan te vat. Kimi (skilfers of de not) is die een drywer waarvoor ek die meeste verwagtinge het, veral met daai nuwe Lotus.

Net tyd sal leer of Hamilton ‘n Mercedes kan vasvat en ry soos Seabiscuit. Ek hoop net nie dit gaan ‘n testimony wees van nog ‘n slegte besluit vir die manufacturer nie.

Ou Knoopies (aka Jenson) is darem nog by McLaren en met drie wenne verlede jaar weet mens nooit hoe die wind vir hom gaan waai nie. Hy se ook hy wil by McLaren by tot hy aftree.

Right, let’s get down and dirty met ‘n paar predictions  ala SamGoma style vir Sondag.

Ek sal volgende week my eie voet eet as ek opfok, maar ek het ‘n gevoel Vettel gaan eerste eindig (dalk net omdat hy in die oefen rondtes reeds almal se gate geskop het).

Op sy hakke dink ek gaan Hamilton wees gevolg deur Webber. Hy het rede om goed te eindig want dit is tog sy tuisland en die sheelas sal heel beindruk wees.

As jy dink ek praat klomp kak, gaan wys jou muis en join ons piele SuperBru F1 pool – Briekmerk. Ons praat weer volgende week. Wiele met ‘n P.

If you enjoyed this post, please consider leaving a comment or subscribing to the RSS feed to have future articles delivered to your feed reader.

Leave a Reply

Your email address will not be published.

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>