Fokol Spark

Deur Christine Clutchkop

Lig Blou Chevy

Fokol Spark.

Dis hoe ek meeste van die tyd voel, maar veral toe ek die nuwe Chev Spark gery het.

Amerikaanse karre is kak en moet onder geen omstandighede gekoop word nie!

My eerste ontmoeting met die ligblou stuk kak, was op Durban se lughawe in die car hire parking lot. Ek’s nogsteeds oortuig dat ek ‘n Kia Picanto gebook het, maar dis ‘n ander storie.

Ek weet hulle het ‘n opgekikkerde model vir die nuwe jaar uitgebring, maar dis soos om vir ‘n lelike chick ‘n mooi rok en lipstick aan te sit – dit trek net die aandag af. Die wheel arches flair bietjie meer, die voorste ligte is groter en die dails het ‘n kiff blou lig vibe. Die res van die Lenasia trim en sparkle is steeds daar.

Kom ons begin met die binneruim. Dis plastic. Daar’s niks fout met plastic in ‘n kar nie, want ons almal het nou nie geld vir cherrywood en leer nie. Maar heerlikheid daar’s ook niks leliker as ‘n botched boobjob nie. En dis hoe die dash lyk. Die stuurwiel herhinner my aan ‘n lekker Joburg taxi net voor hy met ‘n spanner gestuur word.

Die sitplek se posisie is hoog, so as jy lank is gaan jou kop verseker teen die dak skuur. En geen wonder net vrouens ry die goed nie, want jy sit op die stuurwiel – of jy nou wil of nie. Dis eenvoudig onmoontlik (wel, ten minste in die 3 dae wat ek die kar gehad het) om die ratte te verander sonder dat die ding geruk soos ‘n epileet in ‘n disco. Die pedals is op ‘n ongemaklike posisie en dit voel of jy gedurig met die ding stry om jou bene in die regte plek te kry.

Dis ‘n 1.2l so mens kan nie juis veel verwag nie, maar dis pap. Jy hardloop ook fok vinnig uit revs uit en teen die tyd wat jy in vyfde is moet jy maar regmaak om weer af te gear vir die geringste heuweltjie.

Okay, dit was hard. Daar is wel baie kit wat as standard kom. Elektriese vensters, elektriese spieels, knoppies op jou lelike stuurwiel, alloys op jou marie beskuitjies. Moet my onder geen omstandigehede verkeerd verstaan nie, daar is baie klein karretjies wat goedkoop is en nogsteeds voel soos kwaliteit, maar die Spark is nie een van hulle nie.

Chevy Spark

If you enjoyed this post, please consider leaving a comment or subscribing to the RSS feed to have future articles delivered to your feed reader.

One Response to Fokol Spark

  1. James says:

    Lekker storie

Leave a Reply

Your email address will not be published.

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>