IPL Indian Punters League

Deur Sarcasmisms

bollywood_dance

Nou ja, dit is alweer IPL tyd, die tyd van die jaar wat al die T20 fans met semis in hul broeke rondloop.

Ek myself is nie ‘n groot fan van die format nie maar mens kan partykeer nie help om jouself voor die tv neer te moer met ‘n koue om te kyk hoe die likes van Chris Gayle, AB, Virat Kohli, Tendulkar, Muralitaran en nog ‘n klomp legends van die game bymekaar kom om krieket se naam gat te maak nie.

Die ouens word almal ‘n kakhuis vol geld betaal vir 6 weke se “aksie” terwyl die res van India amper armer as Brakpan is(No offence gomgatte). Party van die games kan seker lekker entertaining raak as manne soos Chris Gayle aan die gang kom want daai ou kan nou vir jou ‘n bal hard bliksem! Ek sien hul het nou glad “strategy breaks”! Ek meen regtig, watse strategy het jy nodig? Dis net mik en moer pappie!

Gayle-Gangnam

Contenders die jaar is seker maar weer die usual suspects, Chennai Super Kings,Mumbai Indians, Royal Challengers Bangalore en die defending champs Kolkata Knight Riders. Onder hulle het hulle al die groot name in die kort format maar daar sal beslis ook upsets wees.

Ek hoop die Saffas kry bietjie meer game time want ons kan beslis verbeter in die format. Ouens soos AB, Quinton de Kock, Dale Steyn, Morne Morkel en King Kallis is obvious contenders vir uitblinkers en behoort hul spanne uit die kak te help if need be.

My geld is op Royal Challengers Bangalore (mag mens geld en krieket in dieselfde sin gebruik?) want eks ‘n Chris Gayle groupie, daai ou is amper cooler as Jack Parow! Geniet maar die sirkus en vat baie brannas gedurende die games, dit laat darem die Indian girls na iets lyk!

Volg die krieket-kop op twitter @Sarcasmisms

If you enjoyed this post, please consider leaving a comment or subscribing to the RSS feed to have future articles delivered to your feed reader.

Leave a Reply

Your email address will not be published.

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>