Kaptein Kortbroek Kak Klippe

Deur Kaptein Kortbroek

Soos ‘n goeie Lions van sal ek die shots in die nuts vat, opstaan en weer ‘n bal uitruk met die oog op die naweek se rugby. Het laasweek hard neergebliksem. Kliphard.  Sommer 206 plekke gedrop in die befokste pool in SuperBru se bestaan. Fok humble pie, bra! Daai was meer soos ‘n skaamtespitbraai vir een. At least was ek nie so kak soos die Stormers se lynstaanwerk nie. Goeie donner!

kaptein-kortbroek-kak-klippe

Anyway, nou sal ek maar check hoe die legends daar bo dinge uitspook en hulle eerder kakbyt.

Op daai noot, geluk Mitch; jy wen die yellow cap en is nou in die top 20 – no pressure pappa. DUIDELIK ‘n Lions fan wat ‘n fok voel. Alberton is soms bietjie meer mean as die Oos-Rand – from the Souff eksê. Bly jy kyk nog Super Rugby. Sterkte vir daai games teen die Kings eendag, julle gaan dit foooooken erg nodig hê.

Dan bly dit, en quite rightly so, ‘n fight tussen drie Vrystaat freaks op die gedeelte van die log wat ek maybe met ‘n vêrkyker kan raak sien. Tman, Flaff en Bouman – net so stukkie advice – ek het met @SamGoma (die witsangoma) gechat en hy reken die Stormers gaan ‘n ding mal ruk in Bloem….

Laasweek het ons met Vonster gechat. Sy wou bo lê, maar het toe op haar rug neergeslet. Die engeltjie is nou uit die top 100, jammer om te hoor. Next lady for a shave!

Net ‘n kort recap van my uitpaasnaweek en my genius pics:

Dit het begin met ‘n die fooooken Highlanders wat teen die Reds gaan staan en verloor het. Met die Kings game was ek nog okay, maar daarna het dit soos SABC nuus op steroids begin lyk. Depressing like fuck. Die Blues was my upset pick vir die week – epic fail. Die Bulls kots toe gal oor die ref wat tot die 79ste minuut heel nice met hulle was. Snortoria skiem dit is dalk tyd om daai pienk truitjies weg te bliksem, die stembande so bietjie te rus en vir ‘n slag bietjie rappie speel.

Die Cheetahs het my ook weer afgepis deur ‘n great show op te sit (jinx blocker 2000), terwyl die Stormers die naam van daai brasse daar in Groenpunt mooi hoog gehou het deur skeef te trek in die lynstane. Die Waratahs het toe nie gedraw nie (dit was ‘n ballas op die muur pick en het ampertjies gewerk).

Raaait, tyd vir die naweek se predictions. My enigste mission is om Griffin te beat van en die doos tweet mos sy picks elke week heel fokken vroeg – dit pis my sommer af.

Vrydag:
Blues v Highlanders (8:35)
Opsomming: Hierdie een laat my dink aan die laaste keer toe ek en Griffin in ‘n Ferrari gaan rondfok het by Sun City. Ons het na die tyd so stukkie try gamble en dit was toe net so kak vir my soos my pics van laasweek. Ou Griff sal onthou ek het met my laaste bet van ‘n moer kak aand al my geld op rooi gegooi en met my stert tussen my bene daar moes waai. Roulette vibes en baie brannas.
Voorspelling: Die Highlanders moet seker eendag wen. Ek reken hulle eerste groen blokkie in die pool gebeur die naweek – met so drie punte.
Griffin Tune: Blues met 5

Brumbies v Kings (10:40)
Opsomming: Ek like fokkol van Brumbies support nie. Hulle kan seriously gaan kak.
Voorspelling: Die week sal ek maar moet. Brumbies met 14.
Griffin Tune: Brumbies met 25

Sharks v Crusaders (19:10)
Opsomming: Frans Steyn op fullback is seker nie ‘n kak idee nie, veral as hy so bietjie op die aanval daai binnekanaal dominate. Iemand moet daai nuwe Dan Carter laaitie paar shots gee.
Voorspelling: Crusaders mag noddefok met nog vier punte oor ons boarder nie. Ek gaan Sharks met 16 – want dis wat ek wil sien. (emotional pick maar ons praat van die 2013 Super Rugby champs hier).
Griffin Tune: Sharks wen met drie.

Saterdag
Hurricanes v Waratahs (08:35)
Opsomming: Die Canes mash mooi en ek weier dat die naaiers my weer begin kak gee. Ons is nou cool.
Voorspelling: Die game mag dalk net in ‘n try fest of note uit draai, tog dink ek die verskil sal net meer as agt punte in die Canes se guns wees.
Griffin Tune: Selfde pick vir Griffin (sweer ek het nie by hom afgekyk nie)

Force v Rebels(10:40)
Opsomming: Hierdie games moet soos 5am gespeel word, waneer ek either uitpaas of nog slaap.
Voorspelling: Twee Aussie teams gaan mekaar vat – enough said. Force met vyf.
Griffin Tune: Rebels met 3

Cheetahs v Stormers (17:05)
Opsomming: Het Burton Francis nie vir die Stormers op die bench gesit en fokkol doen nie? Lyk my die Kaapse Streekspan laaik van losskakels rond tos. Meanwhile beter die Cheetahs fokken seriously begin bal wegskop, minder aanval en daaraan begin dink om kak boring rugby te speel, anders gaan hulle nooit dieselfde kanse in die Bokspan as die Bulle geniet nie.
Voorspelling: Useless soos die Cheetahs is, dink ek hulle behoort die een met ‘n balhaar breedte (1) te wen – want Willie le Roux en Coenie en Atter en voor ek vergeet LAPPIES, pappie!
Griffin Tune: Cheetahs met 6

Bulls v hulle derduisende embarrassed fans
Opsomming: Die Cheetahs en Stormers is bo die Bulle op die log, so die naweek is daar fokkol Hatfield Square suip sessions nie, net laps om Affies tot hulle kots.
Voorspelling: Die slim ouens in die span behoort die Cheetahs v Stormers game te PVR en so 40 keer te kyk voor volgende week.
Griffin Tune: Die Bulls speel nie die naweek nie, jou nat naai!

Kiefpiele! Geniet die naweek en gaan like Kortbroek se Facebook page

Genoeg likes kan dalk net veroorsaak dat skrywers soos Die Kwaai Ou Man, SamGoma, Christina Clutchkop, Haastige Hennie, Sober Schoolboy en selfs die Skenier eendag pay kry.

If you enjoyed this post, please consider leaving a comment or subscribing to the RSS feed to have future articles delivered to your feed reader.

One Response to Kaptein Kortbroek Kak Klippe

  1. yvonne says:

    Yes Kaptein, ek het hard neergeslet.weer terug na humble beginnings …

Leave a Reply

Your email address will not be published.

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>