Kimi Het Skilfers

Deur Christina Clutchkop

Ek dink nie daar is iets waarvoor ek meer gril as ‘n SAAB convertible nie. Maar skilfers is ‘n fokken close second. En nou is Kimi Raikkonen die gesig of altans kop van Clear Shampoo wat ook al deur daai soccer dude Cristiano Ronaldo promote is.

Nou ja ek weet hy word kak baie betaal om te maak asof hy sif dooie vel vlokkies in sy hare het maar ek kan nie dink dat dit goed is vir jou image nie. Al betaal iemand my $1 biljoen om in ‘n ad te sê ek het ‘n STD dink ek nie ek sal ooit weer aksie kry nie. So ek reken Kimi is bietjie van ‘n sell out soos baie ander sportsterre wat eerder hulle konsentrasie op die sportveld/baan moet hou. Maar dan is daar ook die moerse catch dat die simpel shampoo een van Lotus se sponsors is, so then again wat doen jy as jy met ‘n wheel spanner gedreig word?

Wat dit erger maak is dat dit ‘n moerse piele ad is. Die graphics is amazing en die hele animation van die kar se parte maak my nogal heel opgewonde.  Mens dink half aan die begin dat dit ‘n Lotus ad is of dalk iets cool soos aftershave of ‘n gadget watch, maar nee dan kom die helmet af en Kimi se skilfers het klaarblyklik verdwyn saam met sy dignity.

RaikkonenDandruffSkilferkors vir breakfast?

Dalk is ek besig om met my tiete te dink, maar ek verstaan regtig nie hoekom iemand wat deelneem aan een van die wêreld se duurste sportsoorte homself so sal verneder vir ‘n bietjie zak nie. Maar genoeg oor Kimi se vlokkies. Ek het so bietjie gechat met ‘n paar groot F1 diktrille en hulle reken hy en sy Lotus gaan die seisoen bloots ry. Met die nuwe kar en sy Finnish rally bloed dink ek niemand gaan omgee of dit sneeu in sy helmet nie. Maar gaan check asseblief die ad uit indien jy hom nog nie gesien het nie.

If you enjoyed this post, please consider leaving a comment or subscribing to the RSS feed to have future articles delivered to your feed reader.

Leave a Reply

Your email address will not be published.

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>