Midway Mayhem Opsomming

Deur Haastige Hennie

Ten spyte van die feit dat daar wel vir my ‘n plek op die bus was vir die trippie Kimberley toe en terug, het ek dit nie gemaak nie. Ek het dus uitgemis op die trip en ook moontlik die tweede coolste dag op die Suid-Afrikaanse skateboarding kalender. Lame.

So in plaas daarvan om te kom met gedetaileerde results, aanhalings van wenners, deelnemers en skateboarding celebs, foto’s, video’s ensovoorts, is ek eerder die ou wat minder as die meeste ander mense weet wat actually daar gebeur het. Al my info kom maar van Facebook en die Maloof website. Fok.

Check hierdie video, dis nogal cool:

 

So wat ek nou wel weet is dat Kanya, wenner van verlede jaar se Am event by Maloof Money Cup, gewen het. As ek dink hoe gemaklik hy verlede jaar in die park gelyk het by Maloof, is ek nie verbaas nie.  Mens sal glo die ex-Joburger wat nou in die Kaap bly (saam die res van die SA skate scene), boer eintlik nou in Kimberley nie in die Kaap nie. Wonder of hulle hom hierdie tesame met Moses en Dlamini saam met die Pros sal laat skate. Sal nogal so hoop vir sy part. En natuurlik vir die res van ons SA skaters, anders loop hy seker weer met die eerste plek weg.

Volgens my bronne was Dlamini tweede en het hy eerste gekom in die best trick kompetisie. Dsquared het ‘n crazy switch frontside 270 to backlip op die grootste handrail in die park gegooi om best trick te wen. Check die sequence:

Dlamini DlaminiMidway Mayhem met Dlamini Dlamini

Verder weet ek basies dat Justus derde was (2011 se Maloof Am kompetisie wenner), Moses het die kant-rail vernietig en hy, asook Simon (wat alweer ‘n weird Hawaiian style hemp gedra het), Anthony, Khule, Jean Marc en Mitchell het papiertjies by die organiseerders gekry (neem aan dis prysgeld). Hoop die bras het darem lekker cash gekry.

Verder sal daar maar op ander plekke gekyk moet word vir wat die naweek in die Diamantsdag ge-happen het. Soos hier.

Ek sal dit definitief nie weer mis nie. Kan nou nie wag vir Maloof naweek einde September nie. In ander nuus begin dinge by die Battle at the Berrics nou goed opwarm, kyk gerus hierna.

Sewa is ‘n demoon.

Tot volgende week.

If you enjoyed this post, please consider leaving a comment or subscribing to the RSS feed to have future articles delivered to your feed reader.

Leave a Reply

Your email address will not be published.

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>