Bayswater – Die Hipster se Mini

Deur Christina Clutchkop

Mini Front

Wat sal jou eerste kar wees as pappa is ‘n diktril lawyer is en mamma check die spin instructor se crotch uit by die gym elke oggend voor sy wyn saam ander rich bitches drink? ‘n Overpriced (modern) retro kar, natuurlik. En as jy ook nog daarvan hou om kak stywe skinnies te dra en net na weird emo bands te luister, is die Mini Cooper Bayswater net vir jou.

Kyk, ek het niks teen Minis nie, hulle was pis koel voordat hulle die ‘ek is moerse spoilt’ of ‘fem-haarkapper’ reputasie gekry het. En boonop maak jappie brand BMW die karre. Maar ek het belowe om my prejudice by die exhaust the laat uitwaai voordat ek agter die stuur van die Mini Cooper Bayswater ingeklim het.

Looks

Dis ‘n Mini. Die spesifieke een is blou met swartgrys mags en kant spieeltjies wat albei anders lyk. Die racing stripes doen dit nie juis vir my nie, glo dit of nie. In Kempton gaan dit meer oor of jou kar warm is onder bonnet en nie hoe die bonnet lyk nie.

Ek dink nogsteeds dis simpel dat die speedometer in die middel van die dash sit. En dis ook doos groot, so almal wat agter jou ry kan sien hoe jy Aarto punte optel.

Die finishings is goed afgewerk en die leer seats is nogal funky. Van die knopies in die centre console lyk soos flip switches wat in ‘n fancy leer jet behoort. Mens kan ook die binneste liggies se kleur verander of hy doen dit sommer self. Lekker porno/stripclub vibes met blou, pers, groen en pienk  wat sagkuns die Mini se binneruim verlig.

Mini Dashboard

Practicality

Niemand wat kinders het gaan regtig ‘n Mini koop nie, teensy jy ‘n ex-model is. So die feit dat die legroom agter amper non-existent is behoort jou nie te pla nie. Die karrietjie is laag, so as jy soos ‘n regte man gegiet is, gaan jy sukkel om jou self in te wurm. Die beenspasie aan die passesier se kant is nie te kak nie, so dit beteken mamma gaan maar vir pappa moet rondry. No pun intended.

Die boot is super klein, so daar’s dalk plek vir twee pare Nine West of ‘n boks en ‘n half vol weird emo CDs. Die sunroof is baie lekker, wat ook beteken dat dit jou sal keer om die convertible weergawe Mini te koop en soos ‘n tosser met gekoekte hare rond te ry.

Die grootste pluspunt van ‘n Mini is sy size. Daar is op desaarde niks wat beter as die dingetjie parker nie. Ek kan sosin fokkol parallel park (het dit net die een keer vir my liksens reg gekry), maar met die Mini kan jy enige plek indruk.

Purrrformance

En soos ‘n man met ‘n mooi mond en hande, maak die Mini se performance op vir alles anders wat weird en over the top is. Om 135Kw uit ‘n 1.6l engine uit te drunk wil regtig gedoen word. Dit voel nie soos ‘n groot enjin nie, maar daar is meer as genoeg spoed om jou op jou tone te hou.

Nog ‘n groot plus punt is die handling. Dis gewoonlik die problem met groot swaar performance karre, jy moet arms van staal he om die dinge te beheer op spoed om draaie. Die Mini se stuur voel lig en baie responsive.

Nul tot 100km/h word kaf gedraf in so 7 sekondes terwyl sy al die pad sal hardloop tot 228km/h voor sy uit asem raak.

Verdict

Vir die nippy krag en hantering is daar min ander karre wat by die Mini kom, maar al die cliché styling en fieterjasies is vir my baie onnodig. As jy REGTIG sosin moer graag ‘n Mini wil hê, gaan vir die gewone Cooper S en in hemels naam moet nie een vat met strepe nie, teensy jy regtig met die ding op Kyalami gaan rond jag.

If you enjoyed this post, please consider leaving a comment or subscribing to the RSS feed to have future articles delivered to your feed reader.

Leave a Reply

Your email address will not be published.

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>