Nog ‘n Skatepark Sien Sy Gat

Deur Haastige Hennie

Haastige-Hennie-impossible-flip

Die dag het finaal aangebreuk.

Sondag gaan skate by Skateworld soos elke normale Sondag.

Die keer was dit net anders. Sommer baie anders. Juan Van der Walt, of Silent J soos ek hom noem even though hy alles behalwe silent is, het my finaal ingelig dat dit die laaste skate geleentheid gaan wees voor die munisipaleteit gaan kom en alles wegvat.

Brendan-Jack-Dyamond-flip-back-lip

Sorry Edenvale, dit was moer lekker, maar dit is nou klaar. Silent J het wel ‘n trok gereël om van die ramps te relocate, maar wat gaan dit help?

Gaan ons nou Sondae na ‘n Japanese kid se huis in die Oos Rand moet mission om van die week se frustrasies ontslae te raak?

Maybe, maar ek twyfel erg sterk.  Dit gaan noddefok dieselfde wees nie.

Ek erken dis nou nie asof ek nie verwag dit gaan gebeur nie.  Dit is dalk ook nie die slegste tyd van die jaar vir dit om te gebeur nie, veral omdat somer ook na al weer sy gat gesien het.

Two-big italians-Marco- and Giovanni-nosegrind

Dit is steeds nie lekker nie.  Skateworld is en sal altyd in my hart wees.

Woonstelle blykbaar, hulle gaan fokken woonstelle daar bou, great, fokken great.

Ek hoop jy is nou bly George, wie ookal de fok jy is.  Jy het die skateboarding ondersteun toe dit begin het, ons toegelaat om ‘n park daar op te rig op die stuk grond wat die munisipaleteit jou gegun het en alles het goed gelyk.  Toe alles nou op is het jou deuntjie vinnig verander.

Adam-Woolf-flip-front-blunt

“Waar is die geld?” Dis moss die nuwe deuntjie wat die bra begin sing het.

Wat het jy gedink George? Het jy gedink die park sal homself net onderhou en mense gaan sakke vol geld by jou deur af drop? Wat de fok George? Die ramps en al die obstacles het baie mense, baie geld en tyd gekos en toe fok jy dit vir hulle op.  Eintlik vir ons almal op ‘n manier, almal behalwe vir jou George en die vabonde wat ‘n lewe van die ramps via scrapyard gemaak het.

Vir Alrick en die ander mense wat gehelp het om skateworld daar te kry wil ek net tune; thanks ouens.  Ek is opreg dankbaar vir al die kak wat julle moes verduur om dit daar te kry.  Dankie vir al die memories, en jammer dat dinge so uitgedraai het.

Joshua-van-der-Walt-rock to fakie

Die einde kom al lank en dis dalk ‘n goeie ding dat Skateworld nou toe is vir altyd en gesloop gaan word, al pyn dit my om dit te sê.

Dit sit ons nou in ‘n posisie om ons vingers uit ons gesamentlike hol te trek en iets te bou wat beter, of ten minste gelykstaande aan Skateworld is.

Ek het self ‘n plan, ‘n groot een maar, maar my idee is om skateboarding in Joburg so bietjie meer sentraal te maak. Dalk noordelike voorstede.

So watch this space en mail my as jy die vision deel. Intussen sien ek julle by Skateword Sondag. So vir oulaas.

Hennie se digits: haastigehennie@gmail.com of via twitter op @haastigehennie.

Anzel-Koopman-ollie

Brendan-Jack-Dyamond-front-feeble-grind

Steve-P Rod-Goosen-nollie-inward-heelflip

Haastige-Hennie-nosegrind

If you enjoyed this post, please consider leaving a comment or subscribing to the RSS feed to have future articles delivered to your feed reader.

Leave a Reply

Your email address will not be published.

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>