Proteas Power Pappa

Deur Sarcasms 

Ja, dis Champions Trophy tyd, die World Cup se korter en minder belangrike boetie. Ek wil opgewonde raak maar ek weet ook al om nie te vroeg ‘n horing te kry nie.

Piele, so kom ons kyk so bietjie na die Proteas en hul kanse; met Graeme Smith wat beseer is het Virus Petersen weer ‘n call-up gekry van oom Andrew.

Biff mis so bietjie uit

Biff mis so bietjie uit

Miskien is dit n blessing in disguise want ou Biff slaan deesdae net sesse tussen die lakens. Oor Hashim Amla, AB, Dale en Mantis Morkel hoef daar nie veel gese te word nie – almal weet hulle is klas en dat hul enige span moertoe kan speel as hul die dag lus het.

Dis oor die ander ouens waaroor ek bietjie worry.

JP Duminy en Faf het lanklaas goeie gametime gehad en kan dalk ‘n bietjie rusty (fok die pun) wees.

Ja ek weet hul het warm-up games gespeel maar dit tel mos nie regtig nie. David Miller het ‘n befokte IPL gehad maar hy is nie so hot teen ‘n bal wat swing nie en die bal swing moerse in Engeland, so Colin Ingram sal heel waarskynlik begin.

Ek het noudie dag gevra hoekom is Big Vern Philander nie in die squad nie? Fok man, die ou verdien ‘n kans want hy is tien keer beter as Ryan Mclaren in my oë.

Ons eerste game begin oor so rukkie en die kak lui SABC wys darem die Protea games so ons arm mense kan ook darem bietjie krieket kyk en saam tweet. SABC werk ongelikkig nie op my drifter nie…

Die Proteas is een van die gunstelinge om die toernooi te wen, soos altyd, maar almal weet hoe kak ons doen in ICC events. India, Pakistan, en Engeland het ook goeie spanne en die Windies en Black Caps kan dalk vir n verassing of drie sorg.

Wen of verloor, ek gaan my longe vir die Proteas uitskree al beteken dit ek choke self.

If you enjoyed this post, please consider leaving a comment or subscribing to the RSS feed to have future articles delivered to your feed reader.

Leave a Reply

Your email address will not be published.

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>