Senna Bly Die Wenna

Deur Christina Clutchkop

AyrtonSenna

Die tyd stap nou al hoe nader aan die begin van die F1 seisoen, so dalk is dis tyd om te dink aan wie jy gaan ondersteun. Vir my is dit ‘n toss-up tussen Vettel (fokken cliché ek weet) en natuurlik Alonso wat beter behoort te jaag met die nuwe Ferrari onder sy gat.

Dan is daar ook Hamilton en Raikkonen wat belowend lyk, but come to think of it, daar is niemend wat my tiete regtig laat styf trek nie. Toe val dit my by, vandat die sport nou modern en ge-standardise is, is al die excitement weg. Vraag is, wie was dan die befokste spoedvraat in die geskiedenis van F1?

As jy waarskynlik ‘n blinde fokken skaap is sal jy sê Michael Schumacher is die beste F1 drywer wat daar ooit was. For  fucksakes mense, net omdat iemand heeltyd wen maak hulle nie die beste nie. Kyk maar wat het met die eenbal cyclist gebeur. Nee, as jy REGTIG ‘n F1 fan is vandat jy Monaco kon sê sal jy goed weet dat al die beste drivers in die 80’s 90’s ‘n stuck track of wat aan die brand gery het.

Nou kan ons praat. Die manne wat regtig balls gehad soos Nelson Piquet, Alain Prost, Nigel Mansell en natuurlik die rain god, Ayrton Senna, het nie vandag se performance tegnologie gehad nie.

So dit was retig oor wie die beter bestuurder was. Moet nie laat ek met my temerige rant begin oor die hele Red Bull/Alonso equation nie … Die formula karre was moerse temperamenteel in daardie jare voor die fancy rekenaars vir jou kon sê presies wat die engine doen wanner jy jou toon net so bietjie harder op die accelerator neer slet.

Die beste tydperk in F1, natuurlik toe ek nog net ‘n glinster in pappa se oog was (dankie tog vir TV) was die hardekwas kompetisie tussen Prost en Senna. Genade, dit was woes. As jy dink rugby is hard, want jy kan iemand op die veld bliksem – dink weer bra. Vat ‘n McLaren MP4/4 Honda se 900 perdekrag en voeg by ‘n bebliksemde Fransman en God-fearing arrogante Brasilianer en dan kyk ons wie wil met ‘n bal op Silverstone rondhol.

Die tweetjies se vyandige verhouding het kookpunt bereik toe hulle saam vir McLaren gery het en Prost het selfs in sy 1993 kontrak met Williams, aangeteken dat hy nie vir Senna as ‘n spanmaat wil hê nie – erger as ‘nou vrou met ‘n nat broek/panty. Kyk, hulle was alby moer goed, maar alhoewel Senna net 3 Driver’s Championship titels gevat het teenoor Prost se 4, bly hy my hero.

Senna se dood was ook die laaste in die sport, met die FIA wat hulle veiligheids maatreëls heavy opgeskerp het. Maar as jy nog nooit gesien het hoe hy ry nie – is dit nou die fokken tyd! Vir so bietjie hoendertieties op jou vel, kyk hierdie lap wat Senna gedoen het op Kyalami in 1992. (Nee, dit is nie in Portugal soos die dom fokkers aan die begin van die video aandui nie).

As jy klaar is met dit, gaan check hierdie preview uit vir die Senna documentary. Ek het hom in my besit en huil elke keer as ek dit kyk. DIT was regte racing talent daai, iets wat ek nog nie weer in moderne F1 gesien het nie.

 

If you enjoyed this post, please consider leaving a comment or subscribing to the RSS feed to have future articles delivered to your feed reader.

Leave a Reply

Your email address will not be published.

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>