Haastige Hennie praat met Peter Fourie

Ons Skateboarding specialist Haastige Hennie is deesdae soos daai ou oomies wat fokken amped raak vir games tussen Paul Roos en Boishaai of daai Affies v Waterkloof vibes te gaan kyk. Terwyl hy moerse respek het vir van die experts wat betaal word om hard neer te bliksem, check hy ook wie van die jonger laaities besig is om ‘n ding mal te tuk.

Hy’s amper ‘n Skate-Scout en het met 15 jarige Pieter Fourie gechat. Daarna het hy dit vir ons op sy iPad Mini gemail of something.

Apparently maak Pieter uit – you be the judge.

Deur Haastige Hennie

Peter Fourie stoke my al vir lank uit., so ek was verbaas om uit te vind dat hy nou eers 15 is. Hel, ek was 15 toe ek eers begin het (bietjie laat, ja…). Die kid het so baie talent, hy hou enige tyd kers vas met al die top locals wat hulle ding by Festival doen. Plus, hy is bang vir fokol. Op die oomblik skate hy met ‘n gekraakte gewrig sonder ‘n pad op ‘n guard of so iets en nog steeds rip hy ‘n ding mal.  Die ander dag het het hom ‘n paar vrae gevra oor hy op so ‘n jong ouderdom so goed en so crazy is. Hier is die gesels:

Hennie: Hoe lank skate jy nou al?

Peter: Ek skate nou vir vier jaar. Amper vyf.

Hennie: So jy het begin toe jy tien was?

Peter: Ja.

Hennie: Hel, nou voel ek oud! Hoe het jy in die skateboard ding ingekom?

Peter: My broer het gery en toe wou ek ook.  My ma het ons eendag Festival toe gebring, toe koop sy vir my ‘n Speed Demon complete.

Peter-Fourie-Nollie

Hennie: Nice. Wat is vir jou die hoogtepunt van jou skateboarding sover?

Peter: Laas jaar se Maloof definitief. Alhoewel ek nie deelgeneem het nie, het ek wel die park geskate.  Dit het gerule! Die hele Maloof event en allesrondom dit is moer cool.

Hennie: Wat is jou mikpunt met skateboarding?

Peter: Vir my gaan dit net daaroor om dit te geniet, geen planne op dieoomblik nie.  Ek sal worry oor sponsorships etc. wanneer ek daar kom. Vir nou wil ek net skate en worry oor niks.

Peter-Fourie-kickflip

Hennie: Wie is jou favourite Suid Afrikaanse skaters?

Peter: Anthony (De Mendonca, manager by die Festival park), Dlamini (D squared Dlamini) en Simon Stipcich.

Hennie: Internasionale skaters?

Peter: Nyjah Huston en Nick Tucker

Peter-Fourie-Crooked_Grind

Hennie: Favourite video?

Peter: Pretty Sweet

Hennie: Wat doen jy buiten skateboarding?

Peter: Ek ry motocross so elke tweede week of so, maar ek is huidiglik bikeloos.

Hennie: Shout outs?

Peter: Al my vriende en almal wat by Festival skate, asook my ouers wat my skating sponsor op die oomblik.

Jy sal vir Peter elke Woensdag en naweke by Festival kry of by ‘n street spot erens in die Oos Rand.  Kyk uit vir hom in die toekoms, teen die spoed wat hy nou gaan, gaan hy dit nog ver maak hierdie game…

 

Gaan like ons Facebook page.

Peter-Fourie-BS_Disaster

If you enjoyed this post, please consider leaving a comment or subscribing to the RSS feed to have future articles delivered to your feed reader.

Leave a Reply

Your email address will not be published.

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>