Sleep Hom in Slaapstad

Deur Haastige Hennie

photo

Vir my was skateboarding nog nooit regtig ‘n vorm van vervoer nie. Behalwe vir die vroeëre dae toe die twee opsies tot my beskikking basies loop op skate was. Die goeie ou dae voor worries soos die petrolprys en motorversekering.

photo_4

Persoonlik het ek nooit kon dink dat dit moontlik sal wees nie, maar skateboarding word nou actually oorweeg as ‘n amptelike vorm van vervoer. Kaapstad het selfs ‘n task team aanmekaar gesit om dit met die res van die stad se vervoernetwerk te integreer. Dit mag dalk great klink, maar flippin hel, so iets sal net in die Kaap en ander kusstede en -dorpies moontlik wees.

photo_2

Dit is dalk ‘n goeie idee om in die toekoms eerder om die blok te skateboard as te draf, want daar is oënskynlik ‘n internasionale force (dalk selfs terroriste) wat moerse anti-draf is. Kyk maar net wat het in Boston gebeur. Gelukkig het ek nog nooit gehoor van ontploffings by skateboarding events nie. Nie dat dit my veel gemakliker laat voel oor Maloof toe gaan nie, maar nou ja…

photo_1

Gelukkig lyk dit asof die Kaapstad Munisipaliteit nie by skateboarding as vervoermiddel gaan stop nie, maar actually beplan om skateparks deur die hele stad op rig. Lekker wyd versprei ook. Daai’s mos nou lekker goeie en verfrissende nuus. Alhoewel dit heel maklik die res van die SA skate scene ook dalk mag laat Kaap toe trek. Asof almal nie al klaar daar is nie…

If you enjoyed this post, please consider leaving a comment or subscribing to the RSS feed to have future articles delivered to your feed reader.

Leave a Reply

Your email address will not be published.

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>