Dick van Dyk – So Stil Soos Meeste Sharks Fans

Deur Kaptein Kortbroek

As jy nou al op ‘n Maandag die befokste sportblog/website in die wêreld gelees het maak jy sonder twyfel uit wie Dick van Dyk is.

Hy is die ballie wat elke Maandag na die afgelope naweek se games kyk en sy wysheid op skrif sit vir die wat kan en wil lees.

Ou Dick wou egter nie sy foon optel na die Sharks Saterdag in Cheetah chow transform het. Nie eens sy geliefde Pat Lambie het ‘n befokte game gehad nie en kom ons wees eerlik, die hele land wou eintlik gehad het die Spoedkatte moet ‘n ding mal ruk.

John-PlumtreePlum, plum plum pluuuuuum!

Spoedkatte is hoe die Jolly Rodger in Stellenbosch na die Cheetahs verwys. Ons like dit.

Ek meen, hoe fokken awesome was daai try van Ray the Ruler!! Ek het die game saam @Sam_Goma gecheck en die bra het amper sy gunsteling hoenderbeen verloor toe hy in die lug in gespring het. Ja ons weet die Sharks bitch so bietjie oor Willie Wunderkind se drie, maar seriously ouens, die beste span het vir ‘n slag die game gewem.

Dick skiem nie so nie, maar hoeveel keer het Dick nou nie al homself in ‘n tight situasie gevind nie. Die Soutpiel sit nou en sulk daar op sy plaas en sal probably Vodacom se kak 3G signal die skuld gee vir die feit dat hy nie sy storie kon tik nie.

Dan was daar natuurlik ook ‘n UFO in PE gespot oor die naweek – O nee wag, dit was net die Bulls wat vir die eerstekeer in ‘n fokken lang tyd actually ordentlik rugby gespeel het. Daai Jurgen Visser klong maak noggals uit van “nie die bal elke donnerse keer wegskop nie”. Dit is amazing om te sien wat die Bulls pak kan doen as hulle so bietjie aan die bal vashou.

Dick haat die Bulls erg, maar Puke Watson so bietjie meer so dit was probably ‘n wen-wen vir hom.

Die Reds se draw teen die Brumbies was toe nie so kak game om te kyk nie en die Highlanders begin nou soos daai Lions span van so paar jaar terug worry of hulle een game die seisoen gaan wen.

Chiefs het amper soos Kaizer Chiefs gelyk teen die Warataras. Hoe hierdie Kiwi’s so teen al wat ‘n Aussie span verloor maak my amper so depresief soos Dick. Die Bulle pak die week daai Taaahs en ek hoop hulle bliksem die skaapstekers in ‘n nuwe bloedgroep in.

Okay fok, laat ek maar maak of ek my werk doen. Check julle later.

Hier is die naweek se uitslae:
Kings 0 (zero/fokkol) Bulls 34
Sharks 6 (nie van die bestes) Spoedkatte 12
Reds 19 Brumbies 19
Waratahs 25 Chiefs 20
Hurricanes 22 Force 16

Die week se games:
26 April Hurricanes v Stormers 09:35 FMG Stadium, Palmerston North
26 April Reds v Blues 11:40 Brisbane
27 April Chiefs v Sharks 09:35 Waikato Stadium, Hamilton
27 April Brumbies v Force 11:40 Canberra Stadium, Canberra
27 April Bulls v Waratahs 17:05 Pretoria
27 April Cheetahs v Kings 19:10 Bloemfontein
28 April Crusaders v Rebels 06:05 AMI Stadium, Addington Christchurch

If you enjoyed this post, please consider leaving a comment or subscribing to the RSS feed to have future articles delivered to your feed reader.

Leave a Reply

Your email address will not be published.

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>