Brazilian Street League Wat Gat Skop

Deur Haastige Hennie

photo (3)Malto met sy standard nollie back overcrook

Twee van die grootste franchises in extreme sports het onlangs hulle kragte saamgespan om een moeder van ‘n event aan te bied: Street League at X Games.

Soos die naam sê was dit ‘n Street League event wat gehou is by die X Games in Brasilië. Die enigste manier wat die event verskil het van ander Street League events, is dat dit die eerste keer is wat ‘n Street League event buite die VSA gehou is.

As deel van streetboarding by die X Games het dit ook beteken dat die normale qualifiers vervang is met wat hulle genoem het Street League Select. Dit het beteken wat skaters wat nie aan die Street League franchise behoort nie, ook die geleentheid gegee is om deel te neem aan die top street skateboarding kompetisie.

Street League is nou maar net eenmaal in a league of its own – no pun intended.

photo (2)Luan met ‘n huge hardflip oor die ruil

Die Maloof bras het hierdie keer die kans gekry om kragte te meet met die die big guns van Street League en Manny Santiago het suksesvol gequalify.

So van die Maloof-manne gepraat: Luan de Oliviera (wenner van die Maloof Money Cup World Champs 2012 en Street League skater – toe hy gewen het was hy tydelik nie onder kontrak by Street League nie; tot my en die res van SA se voordeel) het net opgetel waar hy gestop het en het sommer onlangs die Tampa Pro ook ingepalm.

Luan het die flow section vernietig en was kort op die hakke van Chaz Ortiz, maar toe die groot tricks kom, was daar net geen keer aan Mister Street League homself, Nyjah Huston, nie. Sy consistency het weer geseëvier en hy het sy 8ste Street League wen agter sy naam geskryf. Malto was in die tweede plek en T Buds 3de, albei met uistekende skill en skating deur die loop van die event.

photoNyjah met ‘n nollie heel back lip om goud te seal

Street League se volgende stop is weereens nie in die VSA nie, maar wel in die internasionale hoofstad van skateboarding: Barcelona. Die event vind plaas van die 16de tot die 18de Mei en jy kan hulle website uitcheck vir bietjie meer info.

If you enjoyed this post, please consider leaving a comment or subscribing to the RSS feed to have future articles delivered to your feed reader.

Leave a Reply

Your email address will not be published.

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>