Waar De Fok Is Willie?

Deur Kaptein Kortbroek

Raait so Oom Heineken het vandag eerste oefengroep vir die jaar aangekondig en ons is sommer klaar dik pissed-off want waar die fok is Willie le Roux?

Seriously, die bra jol fokken awesome rugby op die oomblik, tog feature hy nie in die oefengroep van 36 manne wat tussen 14 en 16 April in Slaapstad gaan planntejites maak nie.

Die ouens gaan glo vir drie dae boeke vat, hoewel hulle dalk net 20 minute nodig het om die obvious Bulls gameplan uit te figure.

Ons vra weer; Waar is Willie?

Willie-le-Roux Te goed vir die groen en goud?

Dan is Joe Pietersen ook missing in action terwyl Sideshow Bob aka Nik Nax aka Zane Kirchner daar gaan wees. Super Sarel Pretorius is seker saam Willie besig om kak aan te vang iewers. Met alle respek, waddefok het Francois Hougaard nou in die laaste ses maande gedoen om in aanmerking te kom?

Hier is die groep, gaan chekkit uit. Ons sal later so bietjie meer oor die groep kots en dalk so paar experts bel of something.

Gaan drop intussen vir ons ‘n comment.

Spelers wat saam gaan oefen:

Voories: Tendai Mtawarira, Jannie du Plessis, Frans Malherbe, Coenie Oosthuizen, Pat Cilliers, Adriaan Strauss, Bismarck du Plessis, Chiliboy Ralepelle, Eben Etzebeth, Flip van der Merwe, Juandré Kruger, Pieter-Steph du Toit, Franco van der Merwe, Siya Kolisi, Marcell Coetzee, Willem Alberts, Arno Botha, Duane Vermeulen, Pierre Spies, Ryan Kankowski.

Agterspelers: Jano Vermaak, Francois Hougaard, Pat Lambie, Morné Steyn, Elton Jantjies, Jean de Villiers, Frans Steyn, Juan de Jongh, Jan Serfontein, Robert Ebersohn, Bryan Habana, Lwazi Mvovo, Raymond Rhule, JP Pietersen, Bjorn Basson, Zane Kirchner.

 

Gaan like ook ons Facebook page fokkers.

If you enjoyed this post, please consider leaving a comment or subscribing to the RSS feed to have future articles delivered to your feed reader.

One Response to Waar De Fok Is Willie?

  1. Eskom05 says:

    haha dis n joke..
    het hy gemis dan Jantjies super kak rugby speel!!! Hougaard loop nog al die games mis… ai die kak gaan nooit verander nie!!

Leave a Reply

Your email address will not be published.

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>